Die ANC se minister van gesondheid, Zweli Mkhizi, het weer sy inentings doelwitte verander, maar sal dit weer met ‘n myl mis, soos voorheen! Waarom maak hy groot onbereikbare beloftes wat hy weet hy nie kan bereik nie?
Mkhizi het aangekondig dat die fase 2-inentingskedule, wat Maandag begin het, gedoen sal word vanaf die 87 dienspunte, waar mense ouer as 60 ingeënt word, blykbaar so goed toegerus is, dat 5 miljoen mense teen einde Junie ingeënt sal word.
Luister Hier:
Ons is nie seker hoe goed sy wiskunde is nie, maar dit beteken dat ongeveer een miljoen mense elke week ingeënt moet word, wat byna seker net weer aandag soek in die media is, aangesien sy departement van gesondheid nou al herhaaldelik groot uitsprake gemaak het, oor hoeveel mense hulle beplan om binne ‘n sekere tyd in te ent, wat eenvoudig nie haalbaar is nie.
Die minister het vroeër gesê dat die werknemers van die gesondheidsdienste, wat ongeveer 1,2 miljoen mense is, teen die einde van hierdie week almal ingeënt sou wees. Minder as ‘n halfmiljoen gesondheidswerkers is egter tot dusver ingeënt, en dit het twee tot drie maande geneem! Dit beteken dat die huidige lopende koers slegs ongeveer 100 000 mense per week is, maar die Minister praat van ‘n miljoen per week?