Nuus van die dood van bekende plaaslike inwoner Annette Kennealy stuur steeds skokgolwe deur die Soutpansberg.
Volgens beskikbare inligting is Kennealy is dood aangetref in haar plaaswoning op die plaas Welgevonden net buite Louis Trichardt. Vriende het gaan ondersoek instel, nadat sy nie op selfoonboodskappe en -oproepe gereageer het nie.
Ten tye van die skryf van hierdie kort berig was die polisie steeds op die toneel besig met hul ondersoek. Alhoewel die polisie nog nie amptelik die voorval kon bevestig het nie, is alle aanduidings daar dat Kennealy vermoor is.
Kennealy was ‘n welbekende kunstenaar, ‘n groot diereliefhebber en aktivis vir menseregte. Sy was ook heel uitgesproke rondom plaasmoorde en het gereeld daaroor kommentaar gelewer op Facebook. Sy was ook ‘n bekwame politikus wat in ‘n stadium as plaaslike DA-raadslid gedien het.
* zoutpansberger