Ons het nog altyd gesê dat ANC kaders baie skaars mekaar blameer of verklik, maar dit blyk dat die Zuma affêre die ANC leiers in ‘n moeilike posisie plaas. Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole het die Grondwethof skriftelik in kennis gestel, dat hulle nie nou al vir oud-president Jacob Zuma in hegtenis gaan neem nie, hangende die twee hofaansoeke wat Zuma gebring het, om sy vonnis te hersien. Dit kom na die grondwetlike hof Zuma verlede week skuldig bevind hat aan minagting van die hof, en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, nadat hy nie ‘n bevel om voor die ondersoek na staatskaping te verskyn, nagekom het nie, maar Zuma beweer sy konstitusionele reg tot stilswye is hiermee geskend.
Jacob Zuma het homself nie oorgegee nie en Cele het in ‘n brief aan die grondwethof gesê dat hy sal wag vir die regsaksie om sy gang te gaan, behalwe as die Grondwethof anders besluit. Cele het gesê die polisie is gereed om Zuma teen môre in hegtenis te neem, sodat hy sy 15 maande gevangenisstraf kan uitdien, sou die hof voel dat daar wel gehoor gegee moet word aan die bevel dat Zuma binne die volgende twee dae deur die polisie in hegtenis geneem moet word.
Luister Hier:
Zuma se eerste hofaansoek word vandag in die hoogeregshof in Pietermaritzburg aangehoor en hy het ook die Grondwethof genader om sy skuldigbevinding van minagting van die hof, en die vonnis te heroorweeg en te herroep. Dié saak word op 12 Julie aangehoor.
Intussen het Lindiwe Sisulu die bewerings ontken dat die ANC die skuld kry daarvoor dat hy Zuma as president aangestel het ondanks sy hofsake oor die jare. “U stel U eie standpunte op” het sy gesê en bygevoeg “U veroordeel iemand wat teregstaan. As die saak verby is, kan U al hierdie dinge sê. Dit staan U vry om hierdie dinge te sê, maar nou skep u ‘n bevooroordeelde omgewing en ek sal nie deel daarvan wees nie.”
Sisulu het Sondag gesê sy en ander lede van die ANC, “ontplooi” is om Zuma te ontmoet en ‘seker te maak dat alles in orde is‘, maar Ace Magashule was ook daar.
“Ons het vroeër vandag met oud-president Jacob Zuma vergader. Ons is hier ontplooi. Ons taak is om seker te maak dat alles in orde is, want uiteindelik is die mense hier by Nkandla, lede van die ANC, dus het ons ‘n direkte verantwoordelikheid,” het sy op sosiale media gesê.
Lindiwe Sisulu het ook haar cool verloor tydens ‘n onderhoud oor Zuma. Dit het waarskynlik alles begin toe 702 vir Sisulu gevra het watter benadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), vir Zuma aanvaarbaar is, nadat hy nie die opdrag van die grondwetlike hof om hom Sondag aan die polisie oor te gee, nagekom het nie. Sisulu het 702 se Clement Manyathela beskuldig van bevooroordeling in die saak.
Luister en Lees ook: Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!