Dit word weereens bewys dat Bheki Cele totaal onbekwaam is vir sy pos, en dat sy magsug so groot is, dat hy bereid is om ons bloot te stel aan misdaad. Die enigste ding waarmee hy blykbaar goed is, is om op egotistiese media uitstappies tussen “our people” te gaan, en om totalitaristies wette te skep!
Maar intussen stort die Polisie se werksaamhede in duie, en dit het nou aan die lig gekom dat daar oor die 200,000 onverwerkte DNA monsters by die Polisie se laboratoriums lê. Die monsters word nie verwerk nie a.g.v. ‘n gebrek aan chemiese stowwe.
Luister hier:
Dit het ook aan die lig gekom dat Cele toegelaat het dat 47,000 gevangenis vrygelaat is, sonder dat hul DNA monsters op ‘n databank geberg is, en dit is slegs omdat Cele nagelaat het om ‘n reeds bestaande konsepwet weer by die Parlement in te dien.
Die wet op Forensiese Prosedures wat vereis het dat DNA monsters geneem was van vrygelate gevangenis, het in 2015 in werking getree, maar dit het in 2017 verval.
Rapport berig dat die rede hoekom Cele nooit hierdie konsepwet weer by die Parlement ingedien het nie, is omdat hy, tipies ANC, ‘n bitter ambisieuse plan en wet wou hê, om wangmonsters vir DNA doeleindes van alle Suid Afrikaners op ‘n databank te plaas! Cele wou hê hierdie wet moes deur die Departement Binnelandse Sake geskryf word, en dat die plan deur hulle bedryf word. Maar daarvan het dadels gekom.
Hierdie konsepwet wat die neem van die DNA van die vrygelate 47,000 gevangenis sou verseker het, het in die hande van die DA se woordvoerder oor Polisie, Andrew Whitfield beland. Whitfield het Dinsdag in die Parlement verwys na ‘n geval waar die 5 jarige Chantel Mokoena, 2 jaar gelede in Rocklands, Port Elizabeth verkrag en vermoor was.
Ses weke later het Veronica Mokoena, Chantel se ma, en ander mense die vermeende moordenaar gekonfronteer en sy geslagsorgaan probeer afsny. Hy is in die hospitaal behandel, was ontslaan en het verdwyn. Veronica sit nou in die tronk, terwyl die Polisie nie die vermoë het om die DNA monsters wat op die lyk van Chantel gevind was, te ontleed nie weens die agterstand van hulle laboratoriums.
Die verdagte in die saak wat verdwyn het, was ook op borg in ander verkragting sake!
Ons weet mos nou al dat die ANC nie in staat is om sulke groot sosialistiese planne te bestuur nie. Al kon hulle, sou hulle dit ook weer net gebruik om tenders na hulle kaders en vriende te kanaliseer. Die grootheidswaan van die ANC is verstommend. Danksy BSEB en swart voordeel, dink hulle hulle as regering is oppermagtig en kan enigiets doen, terwyl hulle eintlik niks self kan regkry nie, omdat hulle BEE kaderontplooiings-beleid ‘n totaal onbekwame staat skep.
Dit behoort nou aan almal duidelik te wees dat die ANC net in staat is om ellende te skep en die land tot op die grond af te breek. Dit en steel is hulle spesialiteit. Maar dit is mos #TheAfricanWay, dan nie?