Oraniërs het onlangs as gemeenskap waarlik saam die feestyd binnegegaan met die Tuin-tot-Tafelstraatfees.
Hierdie fees was ʼn geleentheid vir elke inwoner om kos wat hulle vanjaar geproduseer het, hetsy in die groentetuin, gebak of van die vrugteboord af, met die gemeenskap te kom deel. Die vier dames wat die fees georganiseer het, het besondere moeite gedoen om die straat met vlaggies, liggies en ander dekor te versier. Behalwe vir heerlike brode, wors, vrugte, slaaie en verskeie ander eetgoed wat in absolute oorvloed bedien is, is daar vrolike musiek op die trekklavier gemaak, Kers- en volksliedjies gesing en tot laataand onder die sterre saamgekuier.
Die gemeenskap het almal wit aangetrek en die dames het lourierkransies gedra, wat natuurlik pragtige foto’s gemaak het!
Volgens een van die organiseerders, Monja Strydom, is hulle baie tevrede met die manier waarop die straatfees afgeloop het. “Die Tuin-tot-Tafel straatfees was regtig ‘n fees in die ware sin van die woord! Die hele gemeenskap het op hulle eie manier ‘n wonderlike bydrae gelewer. Of dit nou was deur trekklavier te speel, mondfluitjie te speel, heerlike kos te voorsien of om as deel van die koor die gemeenskap met kersliedere te bekoor.”
Sy brei uit dat die idee is om dit ʼn jaarlikse instelling te maak “Ons het besef die samekoms van ‘n gemeenskap is meer as net die somtotaal van die individue want daar was iets van die wonder van ‘n gemeenskap sigbaar. Die sterk wind het op ‘n amper bonatuurlike wyse tot rus gekom vir die duur van die fees en die volgende oggend weer uitbundig begin waai.”
ʼn Hegte gemeenskap is vir Oraniërs van kardinale belang, ons geniet dit om saam ʼn vol jaar te kan afsluit, vanuit oorvloed.
Hierdie nuusberig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUKnuus nie.
Gratis Versekering en MVV (Motorvoertuigongelukversekering) Kwotasies en Begrafnisplanne Aanlyn …. Stuur net “Tuis” of “Auto” of “Lewe” of “Begrafnis” of “MVV” en u Volle Naam, Ouderdom en Selnommer na: [email protected], of SMS / WhatsAPP die woord met jou volle naam, ouderdom en epos adres na: 062 30 30 314, of gaan net na www.MedSure.co.za, vul die toepaslike vorm in en ons bel jou.
Gratis inskrywing by ons Dating Service … kliek net Dating Service nou !!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!