Soos ons voorspel het, is die #Dirkiesdorp saak besig om in die tweede Coligny te verander. Soos in Coligny maak die Staat al weer staat op een enkele swart twyfelagtige getuie (boonop ‘n skaapdief) om vir Werner Potgieter, eienaar van Pampoenkraal plaas by Dirkiesdorp, sy plaasbestuurder Cornelius Greyling, sy sekuriteitshoof Zenzele Yende en nog 5 plaaswerkers aan te kla weens moord op 2 skaapdiewe in Augustus 2020.
Destyds in Coligny, het die hof vir Pieter Doordewaard en Philip Schutte skuldig bevind aan die moord op n swart tienerseun op grond van die getuienis van n enkele swart getuie wat later teenoor iemand erken het dat hy gelieg het. Die Appèlhof het uiteindelik vir Doordewaard en Schutte onskuldig bevind na hulle lank in die tronk was. Afriforum het vir ‘n senior advokaat betaal om die saak te hanteer.
Luister Hier:
Die agt beskuldigdes in Piet Retief is in aanhouding en hul borgaansoek het Vrydag begin. Potgieter, Greyling en Yende was ook vroeër vanjaar gearresteer saam met nog 4 ander wit boere weens die moord op die Coka broers in die bekende #Dirkiesdorp saak.
Die boere voer aan Amos Coka het sy eie broer Zenzele doodgeskiet nadat hy een boer aangerand, sy wapen afgeneem en wild begin skiet het. Hy is daarna in selfverdediging doodgeskiet.
Daar word nou deur die Staat aangevoer dat Zenzele Coka ook in Augustus 2020 deel was van die groep werkers wat 3 skaapdiewe gevang en aangerand het. Twee is later dood weens beserings opgedoen, volgens die Staat.
Yende het in n eedsverklaring aan die hof, wat die huidige borgaansoek aanhoor, ontken dat daar enige wit boer op die toneel was met die burgerlike arrestasie en aanhouding van die 3 skaapdiewe in Augustus verlede jaar.
Die Staat se getuie in die huidige saak is Christopher Thwala, wat die derde skaapdief is wat daardie aand in Augustus aangekeer was deur n groep plaaswerkers.
Yende het verder in die huidige borgaansoek getuig dat die Polisie hom en nog 4 plaaswerkers verlede jaar gearresteer het weens die moord op die 2 skaapdiewe. Hy het verder getuig dat die Polisie hom toe gevra het om wit boere te impliseer omdat hulle nie vir hom soek nie maar wel wit boere wil arresteer. maar Yende het getuig hy kon dit nie doen nie want wit boere was nie betrokke nie.
Die borgaansoek duur voort.
Dit moet natuurlik uitgewys word dat boere in Suid Afrika bedags moet boer, en snags moet rondhardloop om al “our people ” te probeer keer, wat eenvoudig als op die plase gaan stroop en wat ook plaasaanval na plaasaanval uitvoer, en jaarliks tientalle van ons boere en hulle gesinslede doodmaak.
Boere word geforseer om die Polisie se werk te doen omdat die Polisie weier of nie bevoeg is om dit te doen nie weens kaderontplooing.
Boere moet onthou dat hulle altyd aan ‘n organisasie soos TLU SA of Afriforum of Suidlanders moet behoort sodat hulle saam kan probeer oorleef en mekaar kan bystaan. Moet nooit alleen gevang word nie want dan gaan daar niemand wees om jou te help nie.