Wat staan ons te doen na #Dirkiesdorp, die #DoodskisTwee, #Coligny en ander korrupte eensydige hofsake? Na aanleiding van die #Dirkiesdorp voorval is dit belangrik om ‘n analise te doen sodat boere en wit mense in die algemeen kan weet hoe om op te tree as so iets weer in die toekoms plaasvind.
Eerstens, die Polisie en NVG word ook beman, beheer en oorheers deur die swart meerderheid, so ons as wit minderheid het van die begin af ‘n agterstand. Dit is dus van uiters belang om te weet dat rasse insidente deur die swart oorheersing revolusionêre soos EFF, ANC, BLF, PAC, SAKP, ens. gebruik word om hulle sogenoemde “revolusie” te bevorder.
Luister Hier:
Omdat hulle die groot meerderheid is, en deur globaliste ondersteun word, is hulle uiters meedoënloos in die bevordering van hulle “revolusie” en kan enige rasse insident tot showtrial verklaar omdat hulle maksimum politieke voordeel daaruit wil trek, en dit sien as groot propaganda waarde.
Ons het in Amerika gesien, dat al is daar vele soortgelyke voorvalle, wanneer hulle een kies, en dan die insident eers as showtrial verklaar is deur die histeriese BLM en hulle massa en sosiale media vriende, dan word so ‘n aangeklaagde al lank voor die tyd in die media skuldig gevind.
As hulle eers ‘n insident tot showtrial verklaar het, maak die feite nie meer saak nie. Slegs die uiteinde maak vir hulle saak en die enigste uiteinde wat hulle wil sien is ‘n skuldigbevinding.
Showtrials gaan nooit in die hof beslis word nie en dit word altyd in die media en in die openbare mening beslis deur intimidasie en geweld of dreiging van massa geweld, soos in die George Floyd / Chauvin hofsaak.
As ons in Suid Afrika ‘n geval soos in Dirkiesdorp kry – waar die Polisie van die begin af baie eensydig en bevooroordeeld opgetree het, en die feite verwring het – moet bitter vroeg in die media en openbare mening ingeklim word, want vir die revolusionêre gaan dit nie oor n hofsaak nie. Dit gaan oor die promovering van ‘n showtrial as ‘n propaganda stuk, waarin ‘n persoon of persone lank voor die verhoor skuldig bevind word, wat dan die betogers se saak kan beklink in die massamedia, en dus in die publiek se oë .
So die reaksie van diegene wat so valslik aangekla word, gaan altyd ‘n propagandaoorlog moet insluit om die feite uit te kry, voordat ‘n agterstand in die propagandaoorlog lei tot ‘n situasie waar die feite nie meer saak maak nie.
Dit is dalk waar die Dirkiesdorp gemeenskap gefouteer het want die boere en hulle mense het vir dae nie met die media gepraat nie, maar terselfdertyd moes hulle ook die bestaan van hul hoof bewysstuk, die video stil hou, anders sou dit sekerlik gekonfiskeer en vernietig word.
Dit kan ook toegeskryf word aan die ontkenning in die geheel dat daar wel ‘n sosialistiese “rewolusie” plaasvind, en die gepaardgaande onkundigheid oor hoe ‘n revolusionêre oorlog teen ons wit mense werk, en omdat die boere nie aan ‘n organisasie behoort het nie, dus niemand gehad het met media toegang om namens hulle te praat nie. Die bestaan van die “Rooi Gevaar” is vir dekades deur die massamedia ontken, al is daar ‘n direkte verwantskap tussen die grensoorlog en wat vandag in SA, en selfs die Westerse wêreld gebeur.
Daar moes al die eerste dag ‘n media verklaring uitgereik gewees het, met die opsomming van feite en om te wys daarop dat die arrestasie van die boere onregmatig was, want die feite bewys dit was onregmatig om verskeie redes.
Daar moes eers ‘n behoorlike ondersoek geëis gewees het deur die Polisie om alle feite vas te stel. Daarna moes geëis word dat die ondersoekbeampte ‘n volledige stel feite na die staatsaanklaer geneem het, met al die feite, insluitende die aanranding op die boere.
Die boere se mediaverklaring moes ook verwys het na die Polisie se vals mediaverklaring wat na die toyi toyers as vreedsame werksoekers verwys het, en fotos van die aangerande boere kon hier baie gehelp het.
Daar moet altyd onthou word dat die party met die beste media dekking en ondersteuners op sosiale media, die propagandaoorlog gaan wen en daarom die showtrial. In vandag se liberale wêreld is dit ‘n geval van hy wat die hardste skreeu, wen.
Moet nooit alleen gevang word nie. Die swart revolusionêre is in die meerderheid en baie goed georganiseerd, en kry altyd baie media dekking dmv die liberale massamedia. Daar bestaan geen konserwatiewe massamedia in SA nie.
Sorg altyd dat julle aan ‘n behoorlike organisasie soos Afriforum of ‘n landbou organisasie soos TLU SA behoort want hulle verstaan die revolusionêre oorlog en hoe om te reageer daarop, en kan help om te keer dat julle alleen met die broek om die knieë gevang word. ‘n Organisasie kan ook help om ‘n kundige persoon op die toneel te kry, wat self die toneel kan ondersoek.
Insidente het ook ‘n lang aanloop en ‘n organisasie kan help om voorkomend op te tree deurdat hulle beter skakeling met die Polisie sal hê.
Dit is wel belangrik om eers met ‘n regspersoon te praat voordat verklarings aan die Polisie gemaak word, maar dit is baie belangrik om julle weergawe so gou as moontlik by die Polisie ook uit te kry en in die openbaar, sodat die Polisie verhoed kan word om ‘n saak te fabriseer.
As mens nie inspring van die begin af in die propaganda stryd, om die waarheid en feite uit te kry nie, word ‘n agterstand opgebou, so dit is uiters belangrik om die werklike aggressors so gou as moontlik te identifiseer, voordat die liegbek liberale massamedia julle wat eintlik slagoffers is, uitbeeld as die aggressor.
Ons moet as minderheid ‘n breë strategie opbou en dit sluit in om alternatiewe soos SAUK Nuus, teen die liberale massamedia op te bou, en te ondersteun sodat ons kant as wit minderheid beter gestel kan word.
Hierdie gaan ‘n lang geveg wees, so ons sal moet begin saamwerk. Dit gaan oor ‘n oorlewing strategie op lang termyn.