Dit word elke dag, oor en oor bewys dat meeste van “our people,” wat as landdroste sit, uiters onbevoeg en bevooroordeeld is teen blankes. Ons het dit gesien in die #Dirkiesdorp saak waar Werner Potgieter en Cornelius Greyling so pas borg geweier is, al was hulle nie eens op die toneel waar ‘n skaapdief dood is nie. Leon Coetzee (55) is ook borg geweier in die Pretoria Noord landdroshof, nadat hy vir homself en sy vrou verdedig het en vir Themba Thabethe voor sy huis in ‘n kompleks met ‘n mes gesteek het.
Thabethe is in die hospitaal opgeneem waar hy later dood is, en en die aanklag is na moord verander. Coetzee is in hegtenis geneem op 26 April 2021 en is aanvanklik aangekla van poging tot moord. Maar hy was die slagoffer want dit is Thabethe wat die huis van Coetzee en sy vrou aangeval het.
Luister Hier:
En dit was net omdat hy vir Coetzee van rassisme beskuldig het, al het Coetzee niks verkeerds gedoen nie. Hy is totaal vals deur Thabethe beskuldig en aangeval. Iemand anders het aan Coetzee se vrou ‘n boodskap gestuur op ‘n WhatsApp groep.
Die boodskap is as rassisties beskou deur swart inwoners van die kompleks omdat “our people” mos rassisme onder elke bos sien. Hulle het vir Thabethe daarvan gesê en hy het toe besluit om die Coetzees te gaan aanval.
Daar is egter nêrens van ras melding gemaak in die WhatsApp boodskap aan Coetzee se vrou nie, en die Coetzees het ook nie beheer oor boodskappe wat aan hulle gestuur word nie. Coetzee se vrou het nooit op die boodskap reageer nie en Mnr Coetzee is nie eers op die WhatsApp groep nie, en het nie eens daarvan geweet nie.
Coetzee het net uitgegaan om sy huis te verdedig, waarna daar ‘n struweling ontstaan het. Coetzee moes na die hooggeregshof geappelleer, waar hy suksesvol was en hy is Woensdag op borg vrygelaat.
Die aanklaer wou weereens ras as element insleep alhoewel daar nooit melding gemaak is van ras in die hele saak nie, en natuurlik wou die EFF ook van die saak ‘n rasse sirkus probeer maak.
Die hooggeregshof het bevind die landdros ‘n regsdwaling gemaak het om Coetzee nie borg toe te staan nie, maar destyds het die EFF by die landdroshof gaan betoog en soos maniakke tekere gegaan, wat seker druk op die landros geplaas het, en dis seker daarom dat die landdros, ook van “our people”, onder druk geswig het.
Luister en Lees ook: ANC en EFF Verhef nog ‘n Hofsaak tot ‘n Rasse “Showtrial” en Intimideer die Hof om Borg te Weier!