Rusland was geduldig tot nou, maar Vladimir Putin het lande van die westelike halfrond gewaarsku om nie Rusland se rooi lyn oor te steek nie. Alhoewel Rusland nie enige brûe wil brand nie, is sy reaksie bedoel om dreigemente met vinnige en harde optrede teen te staan.
Dit is in kort die boodskap van die Russiese president in sy jaarlikse toespraak aan lande wat ook “die nuwe sport wil bedryf”.
Luister Hier:
Die president het opgetree voor die Russiese parlementslede, en die rede is ook op die TV kanaal direk uitgesaai vir die Russiese kiesers.
“Ons wil nie regtig enige brûe brand nie, maar as iemand ons goeie bedoelings as ʼn swakheid wil beskou, en as hulle van voorneme is om daardie brûe te brand of te vernietig, moet hulle weet dat Rusland se reaksie sal vinnig en hard wees” het die president gesê.
“Rusland het genoeg geduld, verantwoordelikheid, en verstandige oordeel” maar niemand moet waag om daardie “rooi lyn” oorgaan nie.
Lees ook: Putin en Modi sukkel met SA se diplomasie