“CoronaVirus ken geen grense of nasionaliteite nie,” het Ramaphosa gesê. Hy het gelieg. Soos ons voorspel het, is die Sjinese CoronaVirus-krisis net nog ‘n geleentheid vir ANC-bendelede om hul swart oorheersing rasse kwota-ideologie af te dwing, en hul en hul makkers se sakke te vul. Die ANC het sy riglyne vir rasseklassifikasie vir hulp aan kleinsakeondernemings vrygestel ingevolge die ekonomiese inperking van die CoronaVirus, nadat hulle dit valse nuus genoem het, dat slegs swart klein ondernemings gehelp sal word. Hulle het gelieg. Dit is beslis NIE valse nuus dat ras ‘n rol speel nie, wanneer dit kom by die toestaan van amptelike hulp aan mense in die sakewêreld gedurende die inperkingsperiode. Ras sal wel ‘n rol speel en daarom het Solidariteit aangekondig dat hulle ‘n klag by die Menseregtekommissie ingedien het.
Hierdie stap kom nadat die regering ontken het dat hulp slegs verleen sal word aan kleinsakeondernemings met ‘n swart eienaarskap van 51%, nieteenstaande ‘n amptelike dokument van die departement vir kleinsake-ontwikkeling wat so ‘n vereiste noem, wat op sosiale media versprei is.
Dit was valse nuus genoem, maar dit was NIE valse nuus nie, want dit was ‘n amptelike konsepdokument van die departement, hoewel dit nog nie amptelik uitgereik is nie. Maar nou het die Minister Khumbudzo Ntshaveni self ‘n hele reeks regulasies oor rasseklassifikasies vrygestel, wat amptelike beleidsriglyne sal wees wanneer amptenare moet besluit watter klein ondernemings hulp kry en watter nie. As ANC “amptenare” op rasgebaseerde besluite neem, weet ons almal wie wen en wie verloor… Hoe kan ‘n onverwagte nasionale noodtoestand deel wees van die NDP in elk geval?
Die minister van kleinsakeontwikkeling het Dinsdag ‘n toespraak gelewer waarin sy gesê het dat die land se demografie inderdaad ‘n rol sal speel, as dit gaan oor wie amptelike hulp gaan kry en wie nie. Demografie verwys na die rasse-samestelling van die land. Solidariteit het ook beswaar gemaak teen die amptelike regeringshulppakket van R 200 Miljoen wat die departement van toerisme belowe het om aan klein ondernemings in die toerismesektor te gee. Die departement het ‘n persverklaring uitgereik waarin lui dat ten minste 70% van die ondernemings wat gehelp sal word in swart besit moet wees, 50% deur vroue besit moet word, 30% deur jeugdiges en 4% deur mense met gestremdhede.
Soos gewoonlik en altyd is daar niks meer oor vir wit mense wat baie swart mense in diens het nie, en misdadigers en bendelede (tenderpreneurs) wat die ANC se rassekwotaspel speel, sal ryk word. Solidariteit sal ook ‘n hofaksie voorberei om hierdie rasseklassifikasie teen te staan in ‘n krisis tyd. Dirk Hermann van die vakbond Solidariteit het gesê hoewel die land homself moet voorberei op ‘n tydperk van onbekende lyding weens die ekonomiese ineenstorting, beskou die ANC hierdie ongekende ramp as net nog ‘n geleentheid om sy rasse-ideologie af te dwing. Hermann het ook daarop gewys dat dit een ding is om slegs swartes vir owerheidstenders te oorweeg, maar ‘n totaal ander ding om alle ekonomiese bedrywighede weens die Sjinese virus te beëindig, en dan te weier om wit klein sakelui op grond van vel kleur te help.
Dit sal egter weer die ANC byt, aangesien hulle duidelik nie ‘n idee het hoe ekonomieë werk nie, maar wat verwag ons van kommuniste…? O ja, volksmoord natuurlik. 100 Miljoen en dit lyk asof ons nog steeds moet tel…