#FarmersLivesMatter! Faf, AB, Francois, Graeme en al die ander knielende sport SPELERS, dankie dat julle uiteindelik uitgekom het en voor die hele wêreld kant gekies het, en jul ware kleure gewys het. Dit is reg, hierdie kwessie het nie plek vir draadsitters nie. Ieder en elk van ons moet besluit waar ons staan, wat ons glo, wat vir ons belangrik is, en wat ons dryfvere is vir dít waarvoor ons staan. Daar is so baie wat ek hier wil uit skree, maar met 167 ras-gedrewe wette in die land, kan ek dit nie waag nie want ek gaan verseker in die tronk sit en my familie as weerlose teikens laat, in ‘n land waar daar geen vryheid van spraak is nie, en die meerderheid haat die minderheid met ‘n passie. Dit is g’n wonder dat julle knieë ingegee het nie, en julle bieg van vrees dat julle dalk slegte name genoem word, en julle jul omkoopgeld verloor, jammer, ek bedoel salarisse of borge?
Professionele SPELERS soos julle, besef ek daagliks meer en meer, het geen benul wat in die WERKENDE wêreld aangaan nie. Julle het geen voeling met die wêreld waarin ons gewone mense leef nie. Kom ek trek vir julle so paar parallelle om my punt te bewys:
Watter deel van jou “kit” waarmee jy op die veld gaan, het jy uit jou sak betaal? Dalk jou onderbroek? Of borg Jocky of Calvin Klein hom ook? En behalwe vir die mahala “kit” wat jy van elke borg kry, hoeveel betaal daardie borg jou boonop om met sy toerusting op die veld te hardloop? As boer betaal ek vir elke enkele kleinste stukkie gereedskap, elke implement, elke inspuiting en spuitnaald, en draad en sink, en bout en moer, wat ek op my plaas gebruik, uit my eie sak uit. Daar is geen boer wat enige borgskap van enige maatskappy ontvang nie. Glo my, dit sal ongelooflik lekker wees as Landini of John Deere by my opdaag met ‘n splinternuwe trekker, hom mahala op my plaas aflaai en my betaal om met hom te ploeg! Man, dan gaan ek mos lekker boer SPEEL!
Ek weet om professionele sport te BEOEFEN vat baie deursettingsvermoë. Jy moet daagliks jou deel doen, gym, draf, die hele lot. En dan voor skares en skares mense die ding gaan doen waar die hele wêreld vir jou sit en kyk, en jou tegniek en goeie en swak punte tot die fynste ontleed. Daar is baie hoë en lae punte ook so saam met wen en verloor. Maar oral waar jy gaan wil jong laaities en mooi meisies jou handtekening hê en saam met jou selfies neem, en jou poster hang in hulle kamers. Want ons kyk na julle op die sportvelde en julle gee ons afleiding van ons elke dag se geveg om te bestaan. My dag begin ook vroeg, as dit nog donker is. En hy maak gewoonlik ook maar laat klaar. Heeldag in die son, soos joune. Met die verskil dat my kakies nie in elke klerewinkel ten duurste verkoop word aan ondersteuners nie. Daar is ook niemand wat my oorval vir selfies en handtekeninge nie. Al help ek om daagliks borde en borde kos voor miljoene mense neer te sit.
As professionele SPELER is jou loopbaan van korte duur, maar in daardie paar jare wat jy jou sport op die hoogste vlak BEOEFEN, word jy uitstekend vir jou talente vergoed. Elke een van julle het agente wat namens julle die bes moontlike kontrakte onderhandel. En na aftrede is jou gesig en gewig baie werd in die beroepswêreld. Julle kry lekker werkies as konsultante, uitsaaiers, bemarkers en blykbaar nou as politikus ook. Met genoeg geldjies gebêre om darem ‘n ietsie te doen vorentoe. Julle het dit verdien. Maar niemand onderhandel om vir my persoonlik die beste pakket te kry nie. By die bank staan ek met die hoed in die hand. By die koöperasie ook. En as ek iets veiling toe vat, of na die oes lewer, is my gefrommelde hoed ook steeds in my hand, vir die aalmoes wat my sweet my bring. Want ek kry altyd die laagste moontlike prys. En ek baklei die natuur, die staat, die bank en nog honderd ander om dit jaar vir jaar net te maak, sodat ek volgende jaar steeds op my plasie kan arbei en kos op mense se tafels te sit.
“Not all lives matter until black lives matter.” Faf, daai een was een te veel. Het jy al langs die grafte gestaan van ‘n boer gesin wat tot die dood gemartel is? Vir daardie gesin, voor hulle dood, het elke lewe van elke mens in hierdie land saak gemaak. Hulle het elke dag gewerk in die son, sonder borge, sonder agente wat vir hulle die beste pakket kan beding, sonder ondersteuning van die regering, sonder bewonderaars wat hul handtekeninge of selfies gevra het, om vir elke mond in hierdie land kos te gee. Maar volgens jou, volgens almal wat saam met jou van die draad afgeklim en gekniel het, het daai boer gesin se lewens nie saak gemaak nie, want blykbaar is hulle dood onbenullig “because black lives doesn’t matter yet.” Julle het almal al soveel geleenthede gehad om te kniel oor plaasmoorde, maar die kwessie is te warm in die politieke debat en gaan lei tot verlore borgskappe? Het julle dus aan die kant van die draad afgeklim waar die geld beter is? Is dit dalk ‘n geval van “not all lives matter, because money matters more“?
Hoe dit ookal sy, dankie dat ons WERKENDES nou weet waar die SPELERS staan. Elke keer as jy eet van daardie super gebalanseerde dieet van jou, met al die groente en vrugte wat so belangrik is, mag jy verstik aan die boerebloed wat dit in jou bord besorg het.
Naam word weerhou omdat daar geen vryheid van spraak in SA is nie en die meerderheid haat en onderdruk die minderheid.
Hier is ‘n ex Rugby skeidsregter van Natal wat hierdie video op sosiale media geplaas het, waar gesien kan word dat hy sy Springbok Rugby-trui opsny en skeur, om plaasmoorde te protesteer!
As die video nie hierbo laai nie, kyk hier: https://youtu.be/RSy9BeI1GbI
“Ek was 15 jaar ‘n Rugby-skeidsregter in Natal en het ook Rugby (4de divisies) gespeel. Ek was nie baie goed daarmee nie, maar was mal oor die spel. Ek was ook lief vir rugby kyk en het die Bokke ondersteun wanneer hulle ook al gespeel het. Maar nou, nadat ek die vinnige baan van skeidsregters van kleur beleef het, wat regtig nie goed genoeg was nie, ten koste van baie GOEIE wit skeidsregters en spelers, moet ek sê, dat my uittrede as skeidsregter ‘n seën was.
Met die uitsluiting van Archie Sechlako, wat regtig ‘n vriend en ‘n baie goeie skeidsregter geword het, en verskeie ander skeidsregters van kleur, wat uitsonderlik was as skeidsregter, was die res ‘n politieke beweging van die leierskap om mense van kleur by te voeg, as maatstaf om gemaklike werk op gemaklike plekke te beskerm. ‘n Beweging wat Rugby, soos ons dit ken, geweldig benadeel het, en as afrigters van klubs wat voorheen privaat met my gepraat het, die murg het om dit te erken, kon daar in ‘n vroeë stadium iets gedoen geword het om die gesig van rugby in SA te red.
Ek weet dat baie van my vriende in die Rugby-gemeenskap my waarskynlik sal kruisig omdat ek dit gesê het, maar ek sal al my Springbok truie opskeur en dit aan my voorhek hang, ter erkenning dat plaasmoorde gestaak moet word. Dit doen ek nadat Siya Kolisi en ander sportkapteine en sterre die BLM beweging van anargiste en terroriste openlik ondersteun het. Rugby vir my in Suid-Afrika… is verby en dit kyk? Naahh, ek sal die tyd gebruik om die lot van my volk, die onderdrukte Boere te bepleit…”