Mpumalanga Landbou, wat met groot hartseer kennis geneem het van die tragiese dood van twee vredeliewende mense, op ‘n plaas naby Nelspruit op Saterdagaand 24 April, het die jongste aanval en moord van plaasbewoners, ten sterkste veroordeel. In ‘n verklaring, het Mpumalanga Landou die uitlatings bevraagteken van LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Mnr. Vusi Shongwe, rakende die voorval op 9 April op Pampoenkraal, Dirkiesdorp, wat moontlik kon bygedra het tot die motivering met betrekking tot die barbaarse moord op die weerlose Annemarie Botha (64) en haar seun Ruan.
Mpumalanga Landbou het hul innige meegevoel betuig met die naasbestaandes van die oorledenes wat na bewering vermoor is, tydens ‘n rooftog op die plaas “Valley Farm.” Volgens berigte, was die slagoffers van die wrede aanval en bloedige moord, ‘n moeder, Annemarie Botha (64) en haar geestelike gestremde seun, Ruan, in sy vroeë dertigs. ‘n Saak van moord en roof was blykbaar reeds deur SA polisie geopen.
Luister Hier:
Mpumalanga Landbou, het generaal-majoor Phahla, waarnemende kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, se beweerde reaksie teenoor plaas moorde verwelkom, dat dit onmiddellik gestaak moet word, met die oog op die bydrae van die landbousektor tot die ekonomie van die land.
Mpumalanga Landbou versoek die SAPD om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges te vind, arresteer en te vervolg maar versoek ook dat die premier en die LUR van Mpumalanga Gemeenskapsveiligheid, om hierdie jongste wrede moorde op twee onskuldige en weerlose persone op ‘n plaas in Mpumalanga, sterk in die openbaar te veroordeel. Verder word die ANC regering versoek om wet en orde sonder vrees en guns konsekwent toe te pas.