’n Saak van brandstigting word ondersoek na 24 treinwaens by die Bloemfonteinse treinstasie aan die brand gesteek is.
’n Woordvoerder van die polisie Brig. Motantsi Makhele sê dat ’n werknemer van Prasa Saterdag omstreeks 14:30 gesien het dat daar rook uit ’n klomp treinwaens wat langs die treinspoor staan, borrel. Hy het ondersoek gaan instel en op 24 brandende treinwaens afgekom. Elke een van die waens is sowat R4 miljoen werk.
Volgens Makhele word die oorsaak van die brand nog ondersoek, maar daar is reeds vasgestel dat daar geen brandstof of elektrisiteitstoevoer in die waens was nie.
’n Woordvoerder van Prasa kon nie vanoggend vir kommentaar bereik word nie.