Dit is nie net die Edcon klere bedryf wat ’n sukkel bestaan voer nie, want talle sakeondernemings moes die afgelope maande hulle deure sluit.
Dit is ’n veel donkerder prentjie as wat Edgars te beurt geval het wat daarin kon slaag om ’n lening te kry om sy skuldlas te verlig en sy personeel te behou.
Edcon sou nie die pyp kon rook as hy nie ’n reddingsboei van R2,7 miljard ontvang het nie, maar daardie voordeel het die kleiner sakeondernemings nie en meer ondernemings was gedwing om die deure te sluit.
Edcon het nog ’n voordeel gehad – niemand wou sien dat sy 140,000 werkers hulle poste verloor nie, maar klein sakeondernemings kon hulle personeel nie behou nie, en aflegging was redelik “onopvallend”.
Konstruksie maatskappy gaan gebuk onder die swak ekonomiese toestande, en Groep Vyf spartel om sy 3,500 werkers in diens te hou.
Dit is egter die punt van die ysberg, en indien die skaal nie positief gaan swaai nie, voorsien ekonome ’n groter donker tyd vir werkers in die land.