Sommige mense is bereid en gereed om terug te veg, soos hierdie dapper pa, ma en dogter bewys het, wat swaar gewapende aanvallers in ‘n lewens en doodstryd aangepak het. Die gesin van Pretoria het vinnig gereageer en teruggeveg toe hulle verras was deur huisindringers, maar is gelukkig om te lewe, met ‘n koeël wat die man se skedel naelskraap gemis het. Ongelukkig vind hierdie tipe aanvalle by die huis nou daagliks plaas en is dit belangrik om kennis te neem, lesse te leer, voorsorgmaatreëls te beplan en te tref, want U weet nooit wanneer dit U familie se beurt is om aangeval te word nie. Aan die einde van hierdie verslag is ‘n paar veiligheidswenke, lees en begin vandag nog met U beplanning.
Gustav Dreyer (52) van Riviera, Pretoria, sy vrou Elmarie (51) en dogter Melissa (18) het op Valentyns-sondagaand, 14 Februarie 2021, ‘n massiewe stryd in hul huis teen drie swart manlike huisaanvallers gevoer. Hulle kon gelukkig die swaar gewapende aanvallers stop, maar Gustav is gelukkig om te lewe ná die voorval.
Toe een aanvaller die sneller van sy vuurwapen teen die kop van Gustav druk, trek Gustav sy oë toe en draai sy kop weg. Daardie optrede het waarskynlik sy lewe gered, want as die koeël 3mm links of laer was, kon hy dood gewees het, het ‘n dokter hom later gesê.
Na die aanvaller die sneller getrek het, was Gustav in ‘n massiewe geveg betrokke – ‘n loopgeveg – met die aanvallers oor ‘n afstand van 17 meter vanaf die sitkamer na die stoep van die huis.
Kort voor dit sit Gustav in die sitkamer en kyk TV, toe sy klein hondjie begin blaf, en toe Gustav opkyk, sien hy 2 swart aanvallers, een gewapen met ‘n vuurwapen en een met ‘n pyp met ‘n haak aan die einde. Dit was omstreeks 20:30.
‘n Derde swart aanvaller was reeds besig om met die trappe op te stap na die tweede verdieping, waar sy vrou en dogter was. Daardie aanvaller was gewapen met die kop van ‘n piksteel. Daar is ‘n veiligheidshek aan die bokant van die trappe, maar dit was op daardie stadium oop.
Die een aanvaller rig ‘n vuurwapen op Dreyer en beveel hom om plat te lê, maar in plaas daarvan skree Gustav hardop. Dit was voldoende om alarm te maak en Elmarie en Melissa het uit hul kamers gekom om te kyk wat aangaan. Hulle het gesien hoe die derde aanvaller met die piksteel by die trappe opkom. Hulle het geweet dat hulle die veiligheidshek moes sluit en ‘n massiewe geveg met die aanvaller het gevolg om die hek toe te kry, terwyl die aanvaller probeer inkom.
Die aanvaller slaag wel daarin om Elmarie met die piksteelkop deur die gesig te sny, maar Elmarie en Melissa slaag daarin om die veiligheidshek te sluit na ‘n groot geveg. Hulle het toe na die slaapkamer gehardloop en uit die venster om hulp geskree.
Gustav hoor die geraas bo en besluit dat sy beste kans is om nie plat te lê nie, soos die aanvallers beveel het, want hy en sy gesin kan dan ‘n baie erger beproewing onder die aanvallers kry, met geweld teen hom as ‘n bedreiging om sy vrou en dogter onder te kry.
Hy maak asof hy plat gaan lê, maar spring toe op en neem die vuurwapen by die een aanvaller. Dit is toe die 17 meter loopstryd begin, van die sitkamer deur die eetkamer tot die stoep, met Gustav en die aanvaller wat die hele pad veg.
Op die stoep moes Gustav tegelykertyd met al 3 aanvallers baklei en een aanvaller het die vuurwapen weer van hom afgehaal. Gustav gebruik die piksteel as wapen en neem weer beheer oor die vuurwapen, en probeer een aanvaller skiet, maar die vuurwapen wil nie skiet nie.
Twee aanvallers vlug toe en Gustav en die oorblywende aanvaller veg verder in ‘n massiewe geveg oor die beheer van die vuurwapen. Die aanvaller het daarin geslaag om die vuurwapen weer af te haal en die sneller te trek, maar weer het die wapen nie afgegaan nie. Gustav draai sy kop weg toe hy sien die aanvaller wil weer skiet.
Die geweer het wel hierdie keer afgegaan, maar die koeël het net deur die vel aan die agterkant van Gustav se kop geslaag. As die koeël 3 mm laer of links was, sou die koeël die rugmurg getref het.
Nadat die skoot afgegaan het, het die derde aanvaller ook gevlug.
Terwyl Gustav met die aanvallers baklei het, het Elmarie en Melissa oor die dak van die huis na ‘n buurman se tuin ontsnap vanwaar hulle die polisie en veiligheidsmaatskappye gebel het.
Die aanvallers moes oor ‘n palissadeheining klim om toegang tot die tuin te kry, maar uiteindelik is niks gesteel nie en daar is 2 skote afgevuur.
Gustav het aan Netwerk24 gesê dat die verrassingselement om terug te veg, aanvallers verbaas het. Hy sê egter dat hulle baie gelukkig is om te lewe. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Veiligheidswenke
Alhoewel dit belangrik is om ‘n heining te hê, hou dit nie altyd aanvallers uit nie. Hou altyd sterk veiligheidshekke wat altyd gesluit is as jy binne is. Sterk dik diefwering voor vensters is ook belangrik.
As aanvalers probeer om die diefwering of veiligheidshekke af te breek, kan dit jou die nodige tyd gee om ‘n paniekknoppie te druk, wat ook nodig is.
Alarms en sekuriteitskameras kan effektiewe vroeë waarskuwingstelsels bied. So ook groot honde.
Dit is ook baie belangrik om U bure te ken en hul nommers op U foon te bewaar. Buurt whatsAPP-groepe is belangrik omdat U gelyktydig hulp van verskeie mense kan ontbied en hull ook kan waarsku.
U kan ook aansluit by ‘n bestaande Afriforum-buurtwag of een in U omgewing begin.
Hierdie tipe aanvalle gaan nie stop nie, maar sal net toeneem. Begin dus met voorbereiding…