Die appél van die sogenaamde doodskistwee was suksesvol. Theo Jackson en Willem Oosthuizen se vonnis is verminder na vyf jaar effektiewe tronkstraf, waarvan hulle reeds twee jaar uitgedien het.
Die twee mans is ook vir R400 000 gedagvaar deur Victor Mlotsha nadat hulle hom in ’n doodskis in gedwing het.
Jackson was tot 14 jaar en Oosthuizen tot 11 jaar gevonnis.
Die twee mans wat afgeneem is nadat hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis in gedwing en onder meer gedreig het om ʼn slang saam met hom in die kis te sit.
ʼn Video van die voorval het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, maar dit is nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”
Die man in die kis as Victor Rethabile Mlotshwa geïdentifiseer en volgens berugte het die voorval op ʼn plaas naby die Komati-kragstasie plaasgevind.