Muise en paddas is in verstopte watertoevoerpyp in Sannieshof gekry, waar die ANC hul dienste opgeskort het, selfs al bestaan daar 2 munisipale rade, met ‘n burgemeester elk.
Die situasie in die Tswaing plaaslike munisipaliteit in Noordwes, wat gebiede soos Sannieshof, Ottosdal en Delareyville insluit, is absoluut skokkend, maar ongelukkig ook nie ongewoond nie. Al hierdie munisipaliteite het mos nou swart name, nie een het ‘n naam wat ons nie eers verstaan nie.
Luister Hier:
Toe Sannieshof onlangs weer nie water gehad het nie, het inwoners self gaan kyk wat aangaan by die watersuiweringswerke het Soret Cloete-Viljoen, plaaslike DA raadslid, aan Netwerk24 gesê. Kobus le Grange, een van die inwoners, het gehelp om ‘n hele vrag paddas en muise uit die waterpype te haal, wat die watervloei verstop het.
Cloete-Viljoen het aan Netwerk24 gesê dat die watersuiweringswerke glad nie in stand gehou word nie en die gevolg is ‘n bosserige en moerasagtige gebied wat ontstaan, het weens lekkende waterpype. Die watersuiwering is glad nie op standaard nie en slegs chloor word in die water geplaas, met behulp van gewone swembaddobbers. Hy beskryf die huidige stand van sake in die Tswaing plaaslike raad as ‘n sirkus,
Die Tswaing raad het sowaar in 2 opgedeel, en die 2 ANC faksies het elk sy eie burgemeester, amptenare, finansiële beamptes en eie vergaderings. Dit alles terwyl rekeninge nie betaal word nie en verpligtinge teenoor SARS en pensioenfondse nie nagekom word nie.
Isaac Moruti, die geskorste munisipale bestuurder, het selfs ‘n hofinterdik bekom om die munisipale bankrekeninge te vries, so niks kan aangekoop word nie. Inwoners kry nie rekeninge nie en die wat betaal gee maar enige bedrag wat ook nêrens aangeteken of reflekteer word.
Die enigste en noodwendige gevolg van die swart tirannie van die meerderheid is totale vertering, vernietiging, verrotting en ineenstorting. Dis eie aan Afrika. Dit is #TheAfricanWay.
Bogenoemde is wat FW en sy liberale jou nooit van vertel het toe hulle ons gevra het om ons toekoms weg te teken nie, maar meeste wit mense – nog nie almal nie – weet nou ons sit nie net figuurlik nie, maar ook letterlik – in die gemors.
Die klein plattelandse dorpies ervaar op die oomblik die totale ineenstorting van munisipale dienste soos lewensnoodsaaklike waterverskaffing, maar daar word egter niks hiervan gepraat in die hoofstroom liberale media nie, en mens kan verstaan hoekom.
Hulle sal nie wil erken dat wat ons nou op die platteland onder die ANC sien, die uiteinde van elke dorp en munisipaliteit in Suid Afrika sal wees nie, en dit geld elke staatsdepartement en op elke denkbare terrein.
Dit is die enigste uitkom wat te wagte kan wees onder ‘n korrupte swart regering, maar liberale sal lieg as hulle steeds die storie versprei, dat dinge beter sal word.
En dit geld nie net vir die ANC nie. Die situasie sal dieselfde wees onder enige swart party, maak nie saak wat hulle hulself noem nie.
Afrika kan nie, en Afrika wil nie beter doen nie. Hulle is tevrede met #TheAfricanWay wat bestaan uit steel, verteer, afbrand en vernietig.
In kort, alles het of gaan in duie stort.
Luister en Lees ook: Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!