Weens die ineenstorting van die spoor vervoer stelsel is bykans alle verskaffers tans afhanklik van vragmotor aflewering van goedere.
Die paaie van die land getuig van die groot aantal swaar vragmotors wat dag en nag tussen sentra beweeg om voedsel en gebruiksartikels by afset gebiede te kry.
Die afgelope maande se aanvalle op groot vragmotors en gepaardgaande brandstigting daarvan is besig om die bedryf te knou. Die Vrag Vereniging van SA het in Mei bekend gemaak dat 1,300 trokke die afgelope jaar beskadig of vernietig is.
Versekerings maatskappye vereis nou dat vragmotors tussen 23:00 en 04:00 nie op paaie mag reis nie weens die gevaar van kapings en brandstigting.
Die mees onlangse voorval waarin Bernard Groenewald en sy swaer naby Touws Rivier aangeval het die probleem verder belig. Groenewald het gerus tydens die voorval en sy vragmotor is met ‘n petrolbom gegooi en nadat hy weggehardloop het is hy fisies met ʼn petrolbom gegooi, hy word tans in intensiewe sorg behandel en sy toestand is ernstig.
Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.