Net om na TV te sit en kyk is gevaarlik deesdae, en moet nie verwag dat SAPD oor U veiligheid besorg is nie, inteendeel, hulle raai mense aan om hulself te beveilig! ‘n Familie in Theesecombe was die naweek besig om TV te kyk, toe gewapende huisinvalers deur die glasdeur ingebars het, om toegang tot die huis te kry, en hulle te oorval.
Die vroulike slagoffer (57) en haar gesin was omstreeks 22:50 besig om TV te kyk toe sy ‘n onbekende man met ‘n klapmus by die glasdeur opgemerk het, se die SAPD. ‘n Skoot is afgevuur en die glas van die deur het gebreek, nog voor haar man kon waarsku.
Luister Hier: https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/11-aug-sapd-afr.mp3
Die inbrekers was gewapen en het die familie na bewering beveel om op die vloer te lê en is vasgemaak, terwyl die drie rowers deur die huis geloop het. ‘n Rewolwer, juweliersware, ‘n beursie, drie selfone, kontant en ‘n skootrekenaar is gesteel.
Kabega Park-speurders ondersoek ‘n saak van huisroof en gelukkig is niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie raai weereens huiseienaars aan, veral dié wat op kleinhoewes woon of relatief afgesonder van hul bure, om alarmstelsels te installeer en om seker te maak dat hulle oor die nodige sekuriteit beskik om hulle te beskerm. Kringtelevisiekameras is uiters noodsaaklik in polisieondersoeke, daarom, as ‘n kringtelevisiekamera geïnstalleer is, maak seker dat dit in ‘n behoorlike werkende toestand is.
As SAPD Speurders vra dat mense hulself moet beveilig – is dit duidelik dat SAPD nie in staat is om wet, orde en veiligheid te handhaaf in SA nie…
Luister en Lees ook: SAPD het Misluk om Gemeenskappe en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!