Dit is nie net die agterstallige paaiemente van die Nkandla verband wat van Zuma ’n wanbetaler maak nie, maar ook die wanbetaling van sy kinders se skoolgeld besorg hom die titel.
Die likwidateurs van die bankrot verklaarde VBS Bank hoop nou om hulle geld te kry deur die Nkandla eenheid op te veil, maar dit is nog ’n lang uitgerekte proses voor dit gaan gebeur.
Politieke ontleders sê Zuma beskik oor die vermoë om alle aksies en hofsake teen hom, uitgestel te kry met redes wat soms ietwat lagwekkend is.
Of die voormalige ANC leier oor geen geld beskik nie, en of hy bloot ’n wanbetaler is, bly ’n onbeantwoorde vraag, want tot hede is een van sy kinders se skoolgeld ook agterstallig.
’n Hoërskool naby Durban het nou ’n bevel teen Zuma en sy vierde vrou, ene Nompumelelo Ntuli (44) uitgereik oor onbetaalde skoolgeld ten bedrae van R12,517-00.
Reona Ramnarain, van die Bentley Prokureurs, het bevestig dat die rekening onbetaald is, maar die skool se naam word weens sekere redes nie bekendgemaak nie.