Stella Ndabeni Abrahams, minister van kommunikasie, het pas aangekondig dat die SABC R2,1 miljard gaan ontvang as deel van ‘n R3,2 miljard reddingsboei. Die ANC regime pomp miljarde rand in die oneffektiewe entiteit, en is glo nou gewaarsku dat geen verdere hulp verleen sal word nie.
Die sukkelende nasionale uitsaaier het weereens geld uit die staatskas gekry om sy wanbestuur voort te sit. Die regering het glo egter streng voorwaardes gestel voordat die geld vrygestel is. Die voorwaardes sluit in dat die openbare uitsaaier ‘n lys van geïdentifiseerde inisiatiewe vir om sy insette te verbeter, idees moet voorlê om onkostes te bespaar asook ‘n deeglike ondersoek moet instel na die oorsaak van sy finansiële ineenstorting en ’n afsonderlike finansiële verslagdoening vir sy openbare en kommersiële uitsaaidienste lewer. Abrahams, sê dat die SABC tans aan meeste aan die voorwaardes voldoen wat deur die regering gestel is.
Intussen se kenners dat die SABC eers moet ontslae raak van sy swakste afdelings, maar die verkoop daarvan sal glo slegs ’n druppel in die emmer wees.
Die SABC sukkel om sy krediteure te betaal. Aan die einde van Januarie 2019 is dit tegnies insolvent verklaar. In Maart het die tesourie ooreengekom om die SABC tussentydse finansiële verligting te gee om te voorkom dat die uitsaaier ineenstort. Volgens berugte kort die nasionale uitsaaier nog meer as ’n miljard rand om uit die moeilikheid te kom, maar of die swak bestuur en twyfelagtige Raad in staat is tot beter resultate, word betwyfel deur kenners en ekonomiese adviseurs.
Die haglike toestand van die SABC beteken nie dat die uitvoerende hoofde die prys betaal nie. Hulle ontvang in werklikheid steeds baie hoë salarisse. Die SABC se uitvoerende hoof, Madoda Mxakwe, het ‘n totale betaalpakket van R3,9 miljoen vir 9 maande se werk by die staatsuitsaaier ontvang. Die bedryfshoof, Chris Maroleni, is die afgelope boekjaar R4,1 miljoen betaal, en die voormalige waarnemende uitvoerende hoof, Nomsa Philiso, het R2,6 miljoen ontvang.
Die topbestuurders van die SABC en die totale vergoeding van die direksie die afgelope jaar was R42,5 miljoen.
SAUK-nuus redaksie