Die dag 16 Junie, wat volgens die nuwe geskiedskrywers die oorsaak was van die dood van onskuldige skoolkinders is weereens “gevier” met groot klem op die bevryding van die massas van die onderdrukker taal – Afrikaans.
Kenners wys daarop dat daar nie ‘n woord gerep word van die toestand van onderwys voor 16 Junie 1976 nie.
Toe was daar skole vir alle bevolkings groepe in die land. Kinders is in hul moedertaal onderrig, meestal deur onderwysers uit dieselfde bevolkingsgroep, wat opvoedkundig korrek was en nog steeds is.
Nou 43 jaar later is Suid Afrika se onderwys stelsel in chaos. Kinders word gedwing om in veelrassige skole onderrig te ontvang, onderwys in die swart woonbuurte bestaan slegs in naam, mes stekery, skietery en verkragting by skole vind daagliks plaas.
Daar is meer skole afgebrand as wat daar nuwes gebou is maar die massas is bevry – wat ‘n klug.
-Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.