#Staatskaping: Waarom die bohaai oor Sjina en Huawei wat Trump en Westerse lande so ontstel? Die antwoord lê in die feit dat volgens Sjinese wet, MOET alle Sjinese maatskappye, privaat of in staatsbesit, die Sjinese Kommunistiese Partye gehoorsaam indien die Sjinese regering vir data vra, of vir die maatskappye vra om sekere aksies te neem. Dit is die kern van die Tik-Tok verbod en kommerwekkend, moet ons vra, watter houvas het CCP oor Naspers en News24 met hul Tencent / Weibo aandeel en ook oor RAIN en ander 5G verskaffers in SA? Met die installasie van Sjinese tegnologie diep in ons samelewing, gee dit vir die Sjinese Kommunistiese Party toegang tot al die data van burgers in die Weste, wat dan natuurlik as ‘n reuse spioenasie netwerk gebruik kan word deur die die CCP. Baie van die gebruiker se data word ook deur Sjinese servers gestuur. Daar is seker goeie rede waarom dit so goedkoop is. Vir die redes het Swede nou ook die gebruik van Huawei, ZTE-toerusting in 5G-netwerke verbied. Nuwe wetgewing wat in Januarie in werking getree het, het geëis dat die reguleerder die Sweedse weermag en die veiligheidsdiens raadpleeg om te verseker dat die gebruik van radio toerusting in hierdie bande, nie die land se veiligheid sal “skade berokken” nie. Waarom steur die SA regering hulle nie oor hierdie moontlike aanspreeklikheid in staatsveiligheid nie?
Continue reading…
Moet ANC Regering, Soos Swede, vir SANW of WNNR Vra om 5G Lisensie Aansoeke Te Ondersoek Vir Staatsveiligheid?
Posted on Leave a comment
Enjoyed this post? Share it!