#KommunisVirus Die CoronaVirus is ‘n eksistensiële bedreiging in SA, maar vir wie? Na die aanbieding verlede week met Salim Abdool Karim, het ons die gevoel gehad dat iets nie pluis is nie. Dit is wel normaal wanneer mens met die ANC-regime te make het, maar die fout is gewoonlik baie voor die hand liggend. Namate die infeksie getalle elke dag ingekom het, het ek besef wat die probleem is. Karim het die terugkeer na ‘n halwe of normale lewe op ‘n baie lae, onverklaarbare onmoontlike drempel vasgepen. In werklikheid sê hy dit self wanneer hy erken dat ons nie die Covid19-epidemie kan vryspring nie en dat die gevalle kurwe sal toeneem. Hy is reg, die CCPvirus is hier om te bly en soos die griep, sal ons almal vroeër of later daardeur moet kom. Dit is duidelik dat later, met die voordeel van ‘n entstof, verkieslik sou wees, maar 80% van ons sal gemaklik oorleef sonder een.
Continue reading…