Twee lede van die 26-bende in Lavender Hill is Maandagoggend vroeg kort ná 03:25 in die middestad van Kaapstad in hegtenis geneem.
Die twee mans was glo albei in polisie-uniforms geklee toe hulle by Club 7, op die hoek van Loop- en Prestwick-straat, aangekeer is.
Hulle was glo op soek na die eienaar van die nagklub.
Die een man (44) is glo ’n generaal in die 26-bende en die ander man (45) is glo ook ’n “dik ding” in die bende.
’n Bron sê dat hulle in ’n roomkleurige Volkswagen Citi Golf met silwer wieldoppe gery het. Die enjinkap en die voorste gedeelte van die voertuig is blou. Die bron het gesê dat die voertuig vervalste nommerplate opgehad het.
Die 45-jarige man het glo ’n Walther P38-pistool met agt patrone by hom gehad. Hy het die wapen glo op die polisie gerig toe hulle aangekeer is. Die reeksnommer van die pistool is glo ook afgevyl.
Volgens die bron wou hulle nie sê hoekom hulle die nagklubeienaar s
Continue reading…