Op 19 Junie 2007 het ’n beraad in Orania plaasgevind met die tema: “Die grondvraag: langtermynkeuse vir die Afrikaner.” ’n Sinvolle publikasie onder redakteurskap van Prof. Carel Boshoff het kort na die beraad verskyn met ’n voorwoord en die teks van al sewe toesprake wat op dié dag gelewer is.
Prof. Boshoff lei die publikasie in met: “Die grondberaad op 19 Junie 2007 het plaasgevind teen die agtergrond van die grondhervorming, grondeise en swartbemagtiging wat in Suid-Afrika plaasvind. Gepaardgaande daarmee het die plaasmoorde wat ’n skrikbewind geword het, steeds toegeneem.”
Op die oogaf lyk hieride inleidende twee sinne soos iets wat gister of vandag oor gebeure vroeg in 2018 geskryf kon word. Die werklikheid is dat wat nou vir ons nuut lyk, omdat ons dit nou as dreigend ervaar, reeds vir jare met ons is. Reeds vir meer as twee dekades is die grondhervorming, grondeise, swartbemagtiging en plaasmaarde waarvan Prof. Boshoff in 2007 geskryf he
Continue reading…