#FollowTheMoney: Hoeveel geld het Bankiers verdien uit die plundering en die stropery van staatsbeheerde ondernemings, soos Eskom, in die hande van die ANC bende? Wel, jy is seker geleer, of liewer gebreinspoel, om te dink dat “crony kapitalisme” en “sjampanje-sosialisme” aan twee teenoorgestelde punte van die politieke spektrum was? Vier dinge wat hulle egter in gemeen het, is, geldgierigheid, om ander mense se geld te spandeer, lus is vir mag, en om al die mag, bates en rykdom in die hande van ‘n paar elites te hou. Dit is vandeesweek bewys toe korporatiewe elites in Suid-Afrika, onder leiding van die Rothschild-onderneming in SA, met COSATU (‘n magtige vakbond wat die magtige driemanskap in SA vorm, saam met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party), ooreengekom het, dat die ANC-regering kan pensioene van gewone mense, insluitend die pensioenfonds vir die werknemers van die regering (GEPF), plunder om Eskom se skuld te delg! Welkom by die dialektiek…
Continue reading…