#PensionCapture – So seker as wat die massamedia ons vertel het dat daar WMD’s in Irak was, sal die voorgestelde pensioenplundering van Ramaphosa ook gepropageer word, om as ‘n goeie idee te blyk, deur die owerheid, wat Suid-Afrika sal boelie om hulle toestemming te gee, en toe te laat om te steel vir hulself en hul makkers. Daar is ook twee stilswyende vennote wat hierdie skema aandryf, naamlik die bankiere, wat groot kommissies sal verdien, maar ook om hul slegte lenings aan ‘n bankrot Eskom te red, en moontlik hierdie plundering uit te brei na ander bankrot parastatale (vir wie hulle ook geld geleen het), sodra hulle hul gulsige hande in SA se laaste pot goud het, en dan is daar natuurlik die ANC se immer aanwesige skouerpapegaai, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, wat nooit ver weg is nie.
Continue reading…