‘n Ramp is besig om te ontvou en die hoofstroommedia is soos gewoonlik stil, omdat diegene wie hulle altyd verdedig, het dit begin. ‘n Protesaksie in Hertzogville op Sondag 18 Oktober het gelei tot die vernietiging van minstens 100,000 hektaar weiding en landbougrond en die dood van talle vee en wild. Die protes deur die inwoners van Tokologo, die swart lokasie buite die dorp, was oor die brak smaak van drinkwater. Hulle het die JoJo-watertenks in sterk winde probeer aansteek. Bande is ook aan die brand gesteek in die stormwind op die R708, om die ANC munisipaliteit se swak dienslewering te betoog. Ongelukkig het die onverantwoordelikheid van die geradikaliseerde betogers gelei tot die vernietiging van baie boere se vee en veld.
Continue reading…