Die Corona-virus is die geskenk wat aanhou gee, vir die ANC. Nie net het die inperking vir hulle nuwe totalitêre magte en baie ekstra kontant gegee nie, maar die Covid-19 virus het die ANC nou die geleentheid gegee om hul kiesers, kriminele vriende, familie en ondermynende operateurs, op groot skaal uit die tronk te laat. Dit nadat Ramaphosa in die Nuwe Jaar soveel van hulle reeds vergewe het! Misdadigers wat tans in die tronk aangehou word, sal op waarskuwing vrygelaat word ingevolge noodregulasies wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is duidelik dat wet en orde en sosiale vrede nie hoog op die agenda van die ANC is nie, maar dan is dit nie iets wat ons van kommuniste sou verwag nie.
Continue reading…