Die wêreldbekende diamantstad Kimberley se projek om die sogenaamde zama-zama goud myners en diamant delwers in ’n wettige struktuur saam te bind, het klaarblyklik nie goeie resultate gelewer nie.
Die vergadering wat in Kimberley gehou is, het oproerig geword nadat delwers met wapens en al by die vergadering opgedaag het.
Die optrede van tientalle diamant delwers, wat onwettig sonder permitte, die diamantvelde ontgin, het die nasionale poging om wet en orde te skep, gou die nek ingeslaan.
Daar is van die onwettige delwers wat sê hulle eis hulle gebied wat sedert die 19 de eeu van hulle ontneem is, terug as eiendom, en die meer as 800 delwers wat ongelisensieerde delwers is, het die vergadering geheel en al ontwrig.
Hulle werk in ’n gebied van sowat 1,500 akkers ryk diamantveld en verseg om ’n duim skiet te gee op hulle “regte”.
’n Nuwe gelisensieerde koöperatiewe struktuur is geskep, maar die meerderheid delwers weie
Continue reading…