’n Uitsettingsbevel om beweerde onwettige grond besetters van ’n stuk grond wat in private besit is te laat veryder is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof, uitgestel.
Die saak teen die gemeenskapslede van Khayamandi in Stellenbosch naby Kaapstad sal weer 6 November hervat.
Honderde inwoners het weereens by die hof opgedaag om te betoog teen hul uitsetting. Hulle het die afgelope paar maande grond onwettig beset wat aan ’n plaaslike wynboer behoort.
Volgens Maroela Media het die Stellenbosse wynplaaseienaar hom weer tot die hof gewend nadat die onwettige plakkers weereens strukture op Watergang opgerig het.
Die stuk grond, Watergang wat in ’n familietrust is wat ook die Louiesenhof-wynlandgoed insluit is na bewering vanaf vroeg Augustus tot onlangs beset deur gemeenskapslede van ’n nabygeleë plakkerskamp. Volgens berugte was daar ’n voortslepende onderhandelinge tussen die munisipaliteit en die eienaars aangaande die ver
Continue reading…