Daar was Dinsdag ’n sterk polisieteenwoordigheid in die Sir Lowryspas-nedersetting naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap nadat betogers Maandag die N2-snelweg en ander toegangsroetes na die nedersetting versper het.
Die betogers is ongelukkig omdat die provinsiale regering ’n nuwe skool op ’n stuk grond in die nedersetting wil bou. Hulle wil hê die grond moet eerder vir behuising gebruik word.
Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in Kaapstad, sê hy is nie bewus van enige betogings wat Dinsdag plaasgevind het nie.
Die N2-snelweg was ook nie Dinsdag gesluit nie. “Ons het ’n sterk polisieteenwoordigheid sodat die N2 oop bly vir verkeer,” sê Booi.
Hy het Maandag en Dinsdag met die ontstoke gemeenskapslede vergader. “Ons het vir die gemeenskap vertel ons het ander lappies grond vir behuising geoormerk wat ontwikkel kan word. Ons het dit duidelik gemaak dat geen onwettige optrede tydens die betogings gedu
Continue reading…