Prof. Sean Davison, wat aangekla is van drie moorde, is Woensdagoggend in die hooggeregshof in Kaapstad vir drie jaar onder huisarres geplaas nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
Davison wat nog heeltyd volgehou het dat hy niks verkeerd gedoen het nie, het sy rol in die dade beken.
Ingevolge die pleitooreenkoms mag Davison vir die drie jaar wat hy onder huisarres is, by sy huis werk en die huis net verlaat vir geloofsdoeleindes.
Hy sal ook gemeenskapsdiens moet doen en aan verskeie programme wat deur die departement van justisie en korrektiewe dienste aangewys sal word, moet deelneem.
Davison, ‘n kampvegter vir genadedood, is daarvan beskuldig dat hy dr. Anrich Burger in 2013, Justin Varian in Julie 2015 en Richard Holland in November 2015 gehelp het om hul eie lewe te neem.
Hy is in 2018 in verband met die dood van Burger, sy vriend, in hegtenis geneem nadat hy ‘n jaar ná sy dood erken het dat hy
Continue reading…