Dit is opmerklik dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap tot op breekpunt gepolariseerd is, dit is in elk geval hoe die staatsbeheerde media-huise dit vandag aanbied. Ons en hulle.
Swart en wit, en vir vele Suid-Afrikaanse burgers is dit ‘n heel verstaanbare en aangrypbare narratief. Die werklikheid is dat die polarisering tussen ons en hulle, op grondvlak, nie so duidelik was nie… let wel, was nie… maar die polarisering is so gedryf deur die media en politici, dat beide ons en hulle gemaklik op die afsonderlike waens klim en trek, agter watter vlag ook al ons voorkeur kry. Ek wil nie hier teen dit probeer betoog nie, maar verklaar slegs die waarneembare werklikheid. Ek glo in elk geval dat lokalisme en identiteitspolitiek groot waarde het. Binne ‘n groter Suid-Afrikaanse konteks is ek bevrees dat die ‘ons en ons’ skip se reënboogseile vaagweg oor die horison vanaf Bloubergstrand nog sigbaar is, op pad na Perth…
Ek was dalk ook onbillik om die media al
Continue reading…