Parlementslede gaan vanmiddag debat voer oor die herbenaming van die Kaapstadse Internasionale Lughawe na die ANC veteraan, Winnie Madikizela-Mandela.
Die leier van die EFF, Julius Malema, het die mosie ter tafel gelê. Die party gaan daarop aandring dat die Kaapse Internasionale Lughawe se naam verander moet word na die Winnie Mandela Internasionale Lughawe. Die EFF sê Madikizela-Mandela se bydrae tot die bevryding van die land én in die lig van die min openbare plekke wat na vrouevryheidsvegters vernoem is, is genoeg rede om die lughawe na Madikizela-Mandela te vernoem.
Madikizela-Mandela het internasionaal berug geword met haar goedkeuring van halssnoer teregstellings. Sy is skuldig bevind aan die ontvoering van Stompie Sepei en is ook in 2003 skuldig bevind aan diefstal en bedrog.
Dit is die persoon wie nou op die wyse vereer moet word deur ‘n internasionale lughawe na haar te vernoem
SAUK-redaksie
DieKaap.com
Continue reading…