Die goeie reën van die afgelope maande het die Wes-Kaap uit die wurggreep van ’n erge droogte gekry wat landbouers, toerisme en eiendom agentskappe weer op dreef laat kom.
Die droogte wat die ergste is in die afgelope 100 jaar, is in die grootste deel van die provinsie gebreek en opgaardamme se watervlakke is die hoogste wat dit nog was in die afgelope dekade.
Damme se gemiddelde inhoud het die 82% merk bereik, en het weer die boere se gemoedere versterk na ’n tydperk waarin die graan en wingerde se opbrengs maar redelik laag was.
Met die damme se inhoud op 82% is die ekonomiese vooruitsigte veel beter as die 32% wat dit voor die goeie reënseisoen was.
DieKaap.com
Continue reading…