Die hoofopgaardamme vir die Kaapstadse metropool is gemiddeld naby aan 80% vol. Die gemiddelde vlakke van die Wes-Kaap se damme is die hoogste wat dit in vier jaar was – en nóg reën is op pad. Een van die damme wat die beste gestyg het, is die Theewaterskloofdam wat presies twee jaar gelede slegs 22% vol was, teenoor Maandag se 66,5%.
Wes-Kaapse LUR vir omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell sê dat die gemiddelde damvlak van die Wes-Kaap staan nou op 61,2% – die beste in vier jaar, maar dit is egter nog nie die die 79% wat dit in Augustus 2015 was voordat ’n voortslepende droogte sy tol geëis het nie. Volgens Bredell bly die grootste bron van kommer steeds die Karoo omrede landboutoestande bitter moeilik bly. Hy het die het die proses van waterbeperkings verduidelik en sê dié besluit word op munisipale vlak geneem, gewoonlik eers nadat die nasionale departement van water en sanitasie gekonsulteer is.
Volgens Netwerk 23 vind
Continue reading…