Die Kaapstad-metroraad wil sowat R1,3 miljard van ’n Duitse ontwikkelingsbank leen om verskeie watersuiweringsaanlegte op te knap en te vergroot.
Die lening van €80 miljoen (op die oomblik sowat R1,3 miljard) word aangebied deur die KfW-ontwikkelingsbank. Die presiese randwaarde sal bepaal word op die datum dat die ooreenkoms in November met die bank onderteken word, indien die planne voortgaan.
Luidens ’n verklaring van die metroraad word daar nog besluit of die hele bedrag wat benodig word, geleen gaan word, of slegs ’n gedeelte daarvan.
Die publiek het tot 25 September om as deel van ’n proses van openbare deelname kommentaar te lewer op die voorgenome plan om die geld te leen.
Volgens die metro sal die rentekoers op die lening 2 persentasiepunte laer wees as plaaslike banke se aanbod.
Johan van der Merwe, burgemeesterskomiteelid vir finansies, sê die metroraad het met die begrotingsproses vir die 2018-’19-boekjaar
Continue reading…