Plato was ‘n Griekse filosoof en stigter van die Akademie in Athene en word beskou as die sentrale figuur wat die filosofie van die Westerse wêreld ontwikkel het. Hy is deur Socrates opgelei en sy bekendste student was Aristoteles. Sy bydrae tot die westerse wetenskap, -filosofie en -wiskunde word vandag nog steeds erken.
In Suid Afrika is daar ‘n man met die naam van Dan Plato, hy is tans die LUR van Gemeenskapveiligheid in die Kaap. Die DA het sopas besluit om hom aan te wys as burgemeester van Kaapstad in die plek van Patricia de Lille.
Die besluit is dalk nie so wyse besluit nie en opposisiepartye beskryf sy politieke vermoëns as: “gemiddeld met ‘n tekort aan leierseienskappe met swak bestuursvermoëns. VF Plus sê hulle hoop hy sal ‘n beter burgemeester wees as wat hy ‘n LUR was wat nie misdaad kon vasvat nie.
Al een wat hom prys is die Kaapse Kamer van Handel se president Janine Myburgh wat sê “daar behoort nou kalmte in d
Continue reading…