Die lyk van ’n boer van Lutzville aan die Weskus is Sondag buite sy plaashuis aangetref. Jaco Louw (57) is Sondag laatoggend met ’n steekwond in sy bors deur ’n plaaswerker gekry.
Louw het glo alleen op die plaas buite die dorp gebly.
Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord.
“Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die moord wat Sondag om 10:45 plaasgevind het,” sê Rwexana. “Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”
“Ons hou mnr. Louw se familie in ons gebede tydens hierdie moeilike tyd,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, in ’n verklaring.
Volgens Van Zyl was Louw ’n lid van AfriForum se plaaswag in Lutzville.
Die polisie vra dat enigeen met meer inligting oor die voorval die polisie in Lutzville by 027 217 4000 moet bel, of Stop Misdaad by 08600 10 111.
SAUK &#
Continue reading…