Kaapstad kan oor ses jaar weens verstedeliking byna 500 000 nuwe inwoners bykry – Met migrasie-tendense wat wys dat mense wat stad toe trek nie noodwendig oor die toepaslike vaardighede beskik om werk te kry nie, kan dit verdere armoede, werkloosheid, oorbevolking en spanning veroorsaak.
Dít is van die werklikhede wat die Kaapstadse metroraad met veranderings aan sy nuwe geïntegreerde ontwikkelingsplan vir die metropoolgebied in ag neem.
Dié plan is Maandagoggend op ’n spesiale vergadering van die burgemeesterskomitee ingedien en moet Donderdag op die raadsvergadering bespreek en oorweeg word.
Volgens dié plan word verwag dat die aantal inwoners in Kaapstad van 2016 tot 2021 met 485 000 sal styg.
Die stede in Suid-Afrika wat die meeste deur verstedeliking geraak word, is Johannesburg en Kaapstad, lui ’n verslag wat deel van die ontwikkelingsplan is.
Met die vierde industriële revolusie wat die struktuur van die ekono
Continue reading…