“CoronaVirus ken geen grense of nasionaliteite nie,” het Ramaphosa gesê. Hy het gelieg. Soos ons voorspel het, is die Sjinese CoronaVirus-krisis net nog ‘n geleentheid vir ANC-bendelede om hul swart oorheersing rasse kwota-ideologie af te dwing, en hul en hul makkers se sakke te vul. Die ANC het sy riglyne vir rasseklassifikasie vir hulp aan kleinsakeondernemings vrygestel ingevolge die ekonomiese inperking van die CoronaVirus, nadat hulle dit valse nuus genoem het, dat slegs swart klein ondernemings gehelp sal word. Hulle het gelieg. Dit is beslis NIE valse nuus dat ras ‘n rol speel nie, waneer dit kom by die toestaan van amptelike hulp aan mense in die sakewêreld gedurende die inperkingsperiode. Ras sal wel ‘n rol speel en daarom het Solidariteit aangekondig dat hulle ‘n klag by die Menseregtekommissie ingedien het.
Continue reading…