Die polisie ondersoek ’n skietvoorval waarin ’n boer glo Maandag drie betogers buite Uniondale in die Wes-Kaap geskiet het.
Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee aanklagte van poging tot moord is vanmiddag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.
Dít volg nadat ontstoke betogers van Uniondale vanaf vroegoggend op die N9-snelweg asook R339 buite die dorp amok gemaak het. Buitebande is op dié paaie gebrand waarna dit noodgedwonge deur die loop van die dag gesluit is. Dit is sedertdien weer oopgestel nadat betogers uitmekaar is.
Volgens Pojie is dit nie in dié stadium duidelik hoe laat die skietvoorval plaasgevind het nie. Die polisie het wel ná die voorval op verskeie koeëldoppies wat op die toneel op die R339 gelê het, beslag gelê.
Die polisie se eenheid vir openbare orde monitor steeds met die hulp van die George-polisiëringsgebied die onderskeie paaie aangesien die situasie as o
Continue reading…