Die leiers van die linkse DA is erg bekommerd oor die moontlike planne wat Patricia de Lille in die mou voer met die stigting van ’n nuwe party, of selfs die moontlikheid om haar ou party te her aktiveer.
De Lille is blykbaar besig om die Onafhanklike Demokrate te stig, wat kan meebring dat die DA die Wes-Kaap kan verloor in die plaaslike verkiesings van 2019.
Die feit dat die Onafhanklike Demokrate as party geregistreer is by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie, is ’n duidelike teken dat De Lille se optrede die DA baie stemme gaan kos en hulle aansien in die Wes-Kaap kan vernietig.
Die deelname van De Lille se party in volgende jaar se verkiesing word ook beskou as ’n gulde geleentheid vir die kommunisties gesinde ANC om weer beheer oor te neem omdat sy die DA se tradisionele steun gaan verdeel.
Waarnemers meen De Lille se ondersteuning wat bestaan uit verskeie DA raadslede wat saam met haar bedank het, kan ’n sterk invloed ui
Continue reading…