Kaapstad se brûe na nêrens gaan nou net so bly – onvoltooid en met geen planne om dit te ontwikkel nie.
Die Kaapstad-metroraad het Woensdagoggend ’n verklaring uitgereik dat alle planne wat gemaak is om die brûe te voltooi, nou geskrap word.
Redes waarom dié grootskaalse plan tot niet is, is volgens die metroraad gegrond op regsadvies oor die integriteit van die tenderproses wat tot nou gevolg is.
Nóg ’n rede wat die Kaapstad-metroraad as verskoning aanbied, is dat die ekonomiese vooruitsig van die land slegter lyk as in die tyd toe die planne twee jaar gelede bekend gemaak is.
Die plan is op 21 Junie 2016 deur Patricia de Lille, burgemeester, aangekondig toe sy in ruil vir ’n oplossing vir die onvoltooide brûe ’n uiters gesogte gebied van 6 ha in Roggebaai (tussen die stad en die hawe) aangebied het vir ’n ontwikkelaar wie se planne sal kan werk.
Die ontwikkelaar sou ook met ’n plan vorendag moes kom om die ver
Continue reading…