Soos sonverbleikte beendere van ’n walvis lê die eens spoggerige pretpark van die Seawinds-buurt naby Lavender Hill daar: gestroop van metaal, rubber, hout en kabels.
Dié sogenaamde slimpark, wat belastingbetalers R7,6 miljoen gekos het en op Erfenisdag in September 2017 geopen het, is een van ses wat die Kaapstad-munisipaliteit tot dusver gebou het. Daar is soortgelyke parke in Atlantis, Nomzamo naby die Strand, Delft, Khayelitsha and Guguletu.
Seawinds s’n het gespog met ’n skaatsbaan, ’n sokkerveld, aktiwiteite om meer van die watersiklus te leer, sintetiese bane vir balspeletjies en swaaie. Maar dis alles tot niet.
Toe Rapport die park verlede Woensdag besoek het, het dit gelyk asof ’n orkaan alles bo die grond bloot weggevee het. Van die metaalheining het net metaalstompies oorgebly. Die sintetiese materiaal is uitgebrand, die houtklimraam afgesaag en die swaaie is weg.
“Soos ons nou hier stap, hulle watch ons.”
Continue reading…