#BoerLivesMatter Vir diegene wat blaam wil uitdeel vir gister se dramatiese gebeure in Senekal, hoef U nie verder te kyk as die ANC, SAPD en Hoofstroom Media se langtermyn gebrekkige houding ten opsigte van plaasmoorde en die impak wat dit op die Afrikaner-Boeregemeenskap het nie. Soos SAUK Nuus die vorige dag voorspel het, was daar ‘n geweldige toename in steun vir Brendin Horner se familie by die landdroshof in Senekal, sowel as ‘n gemeenskaplike verontwaardiging oor die voortslepende wrede plaasmoorde, en die gebrek aan optrede, en inderdaad ontkenning van Regeringskant. Ondanks die waarskuwingstekens blyk dit dat die SA polisie nie so ‘n groot reaksie verwag het nie, en onkant betrap is en versterkings moes instuur om hul eie mense uit die landdroshof te onttrek.
Continue reading…