In vergelyking met ons stamlande in Europa, is Suid-Afrika ‘n jong land en ons eie volk se geskiedenis begin maar in die jaar 1652, met ‘n voorgeskiedenis van die Portugese tydperk vanaf die 1400’s. Maar, ten spyte van ons kort geskiedenis, was dit ‘n tydperk vol van opspraakwekkende gebeurtenisse, wat nie alles in detail hier beskryf kan word nie. Die feit dat swart en wit in die jaar 2020 vir mekaar “tande wys”, is nie weens ‘n gebeurtenis wat onlangs onverwags gebeur het nie. Dis ‘n probleem wat al 250 jaar sluimerend is.
Continue reading…
Tweestaatoplossing: Wit en Swart Wys vir 250 Jaar Tande vir Mekaar, Integrasie Sonder Grense Sal Vanselfsprekend tot Geweld Lei!
Enjoyed this post? Share it!
Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid
“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek.
Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen!
Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die be
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!