Vergun my die volgende kommentaar puntsgewys op die artikel Skotland en ‘n Afrikaner “vrystad” deur Flip Buys:
Soewereiniteit is nie deelbaar nie. Soewereiniteit in die volkereg beteken staatkundige / politieke onafhanklikheid. Binne erkende landsgrense kan daar net een soewereiniteit wees, gesetel in die verkose sentrale regering.
So bv., hoewel die Amerikaanse deelstaat Kalifornië die sewende grootste ekonomie ter wêreld het, is dit nie soewerein nie – dié berus by die Amerikaanse federale regering. Onder sekere omstandighede kan ‘n gedeelte van ‘n land of staat wel afskei, soos bv. Suid-Soedan van Soedan en indien dan aan bepaalde vereistes voldoen word, word ‘n splinternuwe staat gevorm met sy eie soewereiniteit – terwyl die moederstaat sy/haar eie soewereiniteit behou.
Die term selfbeskikking is nie altyd duidelik omlyn nie, maar verwys meesal na ‘n volk om seggenskap oor homself te hê – dus eintlik word bedoel verwesenliking van e
Continue reading…